Dit is weer daardie tyd.
TERUG SKOOL TOE! Alles keer weer
terug na normaal en dis weer tyd vir die
skool roetine. En kosblikke. As julle soos ek al soms net nie meer geweet
het wat om in te pak behalwe die gewone toebroodjies nie, hier is vir julle ‘n
paar idees.
- Vars vrugte
- Gedroogte vrugte
- Yogurt
- Sout koekies
- Blokkies kaas
- Viennas in stukkies gesny
- Eierbroodjies – druk brood met koekie vorms uit. Klits eier, bietjie sout en bietjie pietersielie. Doop brood vormpies in eier en braai in ‘n pan.
- Droëwors of gekerfde biltong
- Visvingers of chicken nuggets
- Skyfies komkommer en klein tamaties
- Muffins
- Ek sit ook altyd lekker warm Milo in ‘n fles skooltoe in die Winter.
As julle nog enige oulike idees het deel dit gerus met ons.
Image courtesy of debspoons at FreeDigitalPhotos.net
No comments:
Post a Comment